André van Wyngaardt Musiek & Resepte

Welkom by my amptelike YouTube kanaal.

Hier deel ek graag my liefde en passie vir musiek met jou en ek wys jou ook graag hoe ek lekker bak in my kombuis.

As liedjieskrywer neem ek jou ál dieper in my hart met elke liedjie uit my pen en met die gebak wat ek optower, wys ek jou 'n kant van my wat min mense ken.

My musiek wys wat in my binnekant aangaan en sodoende deel ek die mooi én die seer met die gehoor. My gebak getuig ook van die nageregte wat my na aan die hart lê, en hopelik word dit ook jou gunstelinge.

As jy hou van 'n soetdingetjie van tyd tot tyd en bak-inspirasie wil kry, soek nie verder nie. As jy aanklank vind met opregte sinvolle musiek wat jou laat dink oor die lewe, asook ligte musiek wat jou laat vergeet van die sorge, is jy ook op die regte plek.

Mag my musiek jou hart voed en mag my gebak jou inspireer om die potte uit te haal en saam te smul.

Liefde-groete,
André van Wyngaardt