InVia is ’n kontemplatiewe geloofsgemeenskap wat weekliks net buite Stellenbosch by Heilsaam, en ook aanlyn bymekaar kom.

Ons is op pad in heelheid met ander deur gebed (kontemplasie) en aksie.

Ons glo:
• die lewe en lering van Christus is die sentrale verwysingspunt van ons gemeenskap,
• transformasie vind deur gebed (kontemplasie) en aksie plaas,
• ons ontmoet God ook in die ander,
• deur die deel van stories in gemeenskap kan ek myself in die ander vind,
• in ’n gemeenskap met diverse oortuigings en verwelkom eerlike en oop vrae in dialoog,
• ons het ’n verantwoordelikheid as gemeenskap en individue om liefde as werkwoord te leef ten einde heelheid te verwerklik in ons onmiddellike en globale omgewing,
• dit neem ‘n gemeenskap om ‘n kind groot te maak en verskillende lewensfases vra na begeleiding.