Welkom!
Hier gesels ons oor vrou-wees uit 'n Bybelse perspektief 😊
As jy graag 'n vrou na God se hart wil wees en saam wil ontdek hoe dit lyk in die alledaagse lewe, is jy op die regte plek.

Ons fokus veral op:
• Jou verhouding met God
• 'n Gesonde huwelik en verhoudings
• Groei in goeie karakter
• Wysheid vir jou huis, werk en alledaagse lewe

Ek hoop dat hierdie kanaal vir ons iets van moderne Titus 2:3–5-dissipelskap sal wees — 'n plek waar ons saam kan groei in geestelike volwassenheid, wysheid en Christelike vrou-wees.

Ek is bly jy is hier!

💛 Lizari