Demi Lee is op 23 November, tydens die eerste Afrikaans is Groot-konsert, aangewys as die wenner van dié gewilde televisieprogram op Via (Kanaal 147). In die program is kykers voorgestel aan hoopvolle deelnemers wat graag ’n Coleske Artists-kontrak wou inpalm. Demi Lee se album, Mis Eet Slaap Herhaal, bevat haar nuwe enkelsnit met dieselfde titel, nog drie oorspronklike treffers, van die liedjies wat sy op Die Kontrak-program gesing het, asook die gewilde vertolking van die Amerikaans countrysangeres, Cam, se treffer Diane.

Nadat Demi Lee saam met haar mentor op die program, Monique Steyn, dié lied opgevoer het, het hulle ook Cam se aandag getrek wat hulle op sosiale media komplimenteer het met die weergawe. Tydens die laaste Afrikaans is Groot-vertoning is Demi Lee verras met ’n goue toekenning vir haar album ontvang vir verkope van meer as 15 000 eenhede.


Demi Lee Moore

Wie is jou #NetMyne liefde? 🧡 🍂 Merk hom of haar hieronder en gaan luister NOU na Demi Lee Moore se nuwe liedjie op alle stroomdienste: 👉 demileemoore.lnk.to/netmyne

1 year ago | [YT] | 28

Demi Lee Moore

"Maak My Jou Tequila"

In hierdie geval, is Tequila 'n metafoor.
'n Metafoor vir die een ding wat jou ander helfde altyd bo jou sal kies. Wees dit dalk hul loopbaan, sukses wat hul najaag, alkohol, iemand anders...
En al wat jy vra is, maak my jou nommer 1.

Dalk, as hul dieselfde tyd en aandag aan jou gee, mag jy beter wees as die Tequila wat hulle ken.


NOU BESKIKBAAR op Apple Music 🤍
apple.co/3jDquEh


Uit die pen van Johan Oberholzer 🖋️
Foto deur Willem Botha
Ongelooflike mooi rok deur Elrico Zarr Bellingan

4 years ago | [YT] | 450