’n Afrikaanse YouTube-kanaal wat fokus op deeglike Bybelse eksegese en die bespreking van kontemporêre teologiese kwessies.
Aanbieders: Robert Heuer, Teologiese kwalifikasies: MDiv en MTh.
Norman Hayward, BTh.
Meyer Steyn
Belangrik:
Hierdie kanaal is nie ’n bediening op sigself nie, maar ’n platform vir Bybelse onderrig, toerusting en onderskeiding. Ons doel is om gelowiges te help om self die Skrif te ondersoek en te toets wat geleer word (Hand. 17:11).
Hierdie kanaal is nie ’n plaasvervanger vir jou plaaslike gemeente nie. Ons moedig elke gelowige sterk aan om deel te wees van ’n Bybels-gesonde plaaslike kerk waar daar herderlike sorg, gemeenskap en dissipelskap plaasvind.
Die menings en standpunte wat hier uitgespreek word, verteenwoordig nie enige spesifieke kerk, denominasie of organisasie nie, maar is ons eie teologiese oortuigings soos ons dit uit die Skrif verstaan.
Deur Die Woord
VRA MY ENIGIETS! 🔴 Ons Eerste Regstreekse Uitsending
2 days ago | [YT] | 41
View 24 replies
Deur Die Woord
PUBLIEKE UITNODIGING
Na aanleiding van my vorige paar video’s het menigte charismatiese volgers my vertel van ongelooflike genesings wat hulle persoonlik ervaar of aanskou het, veral binne prosperity-kerke.
Ek wil daarom ’n openbare uitnodiging rig: Stuur asseblief vir my die oorspronklike video’s van hierdie genesings.
Ek sal graag die beeldmateriaal op die kanaal wil wys en bespreek. Indien hierdie genesings werklik plaasgevind het, wil ek dit met graagte aan my kykers wys, sodat Christus al die eer daarvoor kan ontvang.
Stuur gerus die video’s vir my na geloofingenesis@gmail.com
2 weeks ago | [YT] | 20
View 17 replies
Deur Die Woord
Dankie vir julle!!
3 weeks ago | [YT] | 129
View 10 replies
Deur Die Woord
Dit was ’n voorreg om onlangs met Joey Faust te gesels op hierdie kanaal. Ons het diep in sekere temas ingeduik, en ek het sy insigte en benadering geweldig waardeer. As jy van ons gesprek gehou het, of bloot op soek is na goeie inhoud wat uitdaag en verryk, gaan loer gerus na Joey se YouTube-kanaal. Julle sal beslis daarby baat vind!
Gaan wys hom bietjie ondersteuning en teken in: youtube.com/@joeyfaust1611
2 months ago | [YT] | 7
View 2 replies
Deur Die Woord
Ons waardeer julle insette! 💬
Hallo almal! Ons het die afgelope tyd opmerkings ontvang dat sommige van julle se kommentaar verwyder word. Ons wil graag die lug skoonmaak:
Ons waardeer elke gesprek en elkeen van julle se bydrae op hierdie kanaal. Ons sal nooit 'n kommentaar verwyder bloot as gevolg van teologiese verskille nie – ons moedig juis kritiese denke en eerlike dialoog aan!
Die enigste redes waarom ons kommentaar sal verwyder, is:
❌ As daar kru taal (profanity) gebruik word.
❌ As dit gemorspos (spam) is.
❌ As daar herhaaldelik en talle kommentaar op dieselfde tyd geplaas word.
Neem ook in ag YouTube self verwyder ook soms kommentaar.
2 months ago | [YT] | 39
View 5 replies
Deur Die Woord
2 months ago | [YT] | 36
View 1 reply
Deur Die Woord
Dink jy dat Rooms-Katolieke gered is?
3 months ago | [YT] | 10
View 32 replies
Deur Die Woord
Watter Bybel verkies jy? Laat weet ons in die kommentaar.
3 months ago | [YT] | 27
View 53 replies
Deur Die Woord
Ek wil hoor by julle:
Kan ’n ware Christen sy redding verloor… of is jy vir ewig veilig in Christus?
3 months ago | [YT] | 18
View 36 replies
Deur Die Woord
Ek was onlangs op The Huntsman se podcast—gaan ondersteun sy kanaal en kyk die video hier 👇
Ons het ’n sterk gesprek gehad oor manlikheid en die huidige toestand van Suid-Afrikaanse kerke.
https://youtu.be/HHg6SYMpJgI?si=GBSw3...
4 months ago | [YT] | 9
View 2 replies
Load more